Gantt-grafiek

'n Gantt-grafiek is 'n gewilde soort staafgrafiek wat 'n projekskedule uitbeeld. Gantt-grafieke illustreer die begin en einddatums van die terminale elemente en die opsommende elemente van 'n projek. Terminale elemente en opsommende elemente maak die werksverdelingstruktuur van die projek uit. Sommige Gantt-grafieke toon ook die afhanklikhede tussen take aan. Gantt-grafieke kan gebruik word om die status van die huidige skedule aan te dui soos om die mate waartoe 'n taak afgehandel is aan te dui deur 'n deel van die staaf op die grafiek in te kleur om die persentasie werk wat reeds afgehandel is te verteenwoordig. 'n Vertikale lyn word ook dikwels deur die grafiek getrek om die huidige datum aan te dui.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy